Geen strafregtelike klagte teen Albert Fritz gelê

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê hy kan nie ‘n saak aanhangig maak teen die voormalige LUR vir gemeenskapsveiligheid, Albert Fritz, nie. Dit volg na ‘n onafhanklike ondersoek oor bewerings van seksuele wangedrag. Winde sê dit was nie ‘n strafregtelike ondersoek nie en slegs die klaers kan ‘n saak maak. Advokaat Jennifer Williams het die ondersoek gedoen en bevind daar is genoeg bewyse om ‘n strafsaak aanhangig te maak. ‘n Regskenner, William Booth, sê die klaers kan baie redes hê waarom hulle nie ‘n saak wil maak nie.