Skuldigbevindings vir SA plaasmoorde is slegs 33%

AfriForum sê boere moet hul veiligheid in eie hande neem in die lig van die moord- en martelsyfers op plase. Die burgerregte-organisasie het vandag ‘n verslag oor plaasaanvalle en plaasmoorde vrygestel. AfriForum se hoof van beleid, Ernst Roets, sê in die afgelope ses-jaar is 364 plaasmoorde bevestig. Roets voeg by dit is kommerwekkend dat die syfers vir skuldigbevindings vir plaasmoorde slegs 33 persent is.