Nuwe variante verras glad nie

Reaksie word ontvang op die aankondiging uit Botswana dat gesondheidsowerhede ‘n nuwe variant van Covid-19 in die buurland bevestig. Die voorlopige bevinding van hierdie nuwe variant is aangewys as Omikron BA.4 en BA.5. Daar is vier gevalle, twee inwoners en twee besoekers met ‘n reisgeskiedenis, tussen die ouderdomme van 30 en 50 jaar. Die uitvoerende direkteur in die Namibiese gesondheidsministerie Ben Nangombe sê dit verras glad nie en bewys weereens dat almal versigtig moet wees.