Reëls op SA-grens oor inenting steeds onduidelik

Daar is steeds geen duidelikheid oor of Namibiese inentingskaarte wel toegelaat word by Suid-Afrika se grensposte of nie. Berigte lui dat ‘n QR-kode nodig is om inenting in die buurland te bewys as gevolg van voortslepende korrupsie maar, amptenare by die nasionale gesondheidsdepartement in Pretoria het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat inentingsertifikate wel toegelaat word. Geen verdere inligting kon in die verband verskaf word nie. Die nuwe toelatingsvereistes is blykbaar van vandag af geldig en Namibiërs word aangeraai om eerder met ‘n negatiewe PCR-toets, nie ouer as 72-uur nie, te reis. Kosmos 94.1 Nuus sal verder opvolg.