Om werk te kry in die ekonomie – hoe gemaak?

Daar is groot uitdagings vir jongmense wat skool voltooi het en gegradueerdes, veral met die heersende ekonomiese toestande in Namibië. Dit is reeds jare lank ‘n groot probleem maar, die pandemie het die uitdagings vererger. Jeug word altyd aangemoedig om klein besighede te begin en sodoende werk te skep maar dit is net so moeilik. Danny Meyer van SMEs Compete het raad.