Numsa eis 20% verhoging in motorbedryf in SA

Die metaalwerkersvakbond, Numsa, wil hê werkgewers in die motorsektor moet ‘n oorhoofse loonverhoging van 20 persent oorweeg. Die eerste ronde loongesprekke is gehou, waartydens Numsa ander eise voorgelê het, soos ‘n 100 persent betaling wanneer werkers minder ure werk, en afdankings. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê stygende lewenskoste en die swak ekonomiese toestande waarin werkers hulle bevind motiveer die eise. Sy het bevestig die volgende ronde samesprekings begin volgende week in Gqeberha: