Tienerswangerskappe in Namibië skok

Die jongste syfers in Namibië toon dat een uit vier meisies in die land swanger sal word voor die ouderdom van 20 met net minder as 161 000 tienerswangerskappe wat tussen 2010 en 2022 aangemeld is. Tussen 2018 en 2021 het 56 300 meisies swanger geraak teenoor 37 480 graad 12 leerders wat vir universiteit gekwalifiseer het. Die noordelike gebiede van die land is die swaarste getref met Ohangwena wat lei met 23 700 swangerskappe in die 12 jaar. Kavango Oos het 19 800 aangemeld en Omusati, 17 700. Oshikoto, Khomas, en Kavango Wes het almal rondom 12 000 swangerskappe gehad. Berigte lui dat die oorsaak van die hoë syfers is ouers wat ‘n skoonseun soek om finansieel vir hulle te sorg.