Nossobville op Gobabis sat vir swak dienslewering

Ontevrede inwoners van Nossobville in Gobabis versoek die munisipaliteit om meer gereeld hul groot munisipale vullisdromme leeg te maak, aangesien dit oorvol word en dan lê die gemors langs die dromme en op sypaadjies. Kosmos 94.1 Nuus het met hoofman Wallace Finnies, ‘n inwoner van die Nossobville, oor die probleem gesels.