Fishrot-verhoor uitgestel tot 13 Oktober

Die Fishrot-verhoor sal nie op 2 Oktober afskop nie. Regter Moses Chinhengo het die saak tot 13 Oktober uitgestel omdat sewe van die tien beskuldigdes nog nie regsverteenwoordiging bekom het nie. Regsman Milton Engelbrecht het bevestig sy drie kliënte Mike Nghipunya, Otneel Shuudifonya en Phillipus Mwapopi is gereed. Oud-minister Bernhardt Esau het onlangs gesê die staat moet betaal vir ‘n prokureur van sy keuse omdat hy as minister aangekla is. Hy poog om ook befondsing te bekom van sy gevriesde bates, nes verskeie van sy medebeskuldigdes.