Unesco voeg 4 Rwandese volksmoord-gedenktekens by 

Vier gedenktekens vir die 1994-volksmoord van meer as 800 000 mense in Rwanda, hoofsaaklik Tutsi’s, is by Unesco se Wêrelderfenislys gevoeg. Die terreine by Nyamata, Murambi, Gisozi en Bisesero herdenk die volksmoord wat die Tutsi-minderheid grootliks geteiken het, maar ook gematigde Hutu’s wat tussen April en Julie 1994 deur Hutu-ekstremiste geskiet, geslaan of doodgekap is. Die stap deur Unesco is verwelkom deur Naphthali Ahishakiye, uitvoerende sekretaris van Ibuka, die vereniging wat oorlewendes van die volksmoord verteenwoordig.