NLU herinner produsente met dormante brandmerke

Die Namibiese Landbou-unie sê die Vleisraad rapporteer dat groot hoeveelhede dieregesondheidsverklarings steeds uitstaande is. In die verband het die Lewendehawe Produsente-organisasie die raad versoek om ondersoek in te stel na watter brandmerke dormant is, asook die rede waarom dit dormant is, en om dit dan te skei van die algemene statistiek. Dié dormante brandmerke waarvoor geen verklaraings ingedien is nie, trek die statistieke skeef. Die NLU herinner produsente daaraan dat indien hulle dormante brandmerke het, moet die verklaring steeds ingevul word, maar daar moet “nul” diere op die vorm aangedui word.