Nelson Mandela-stigting het kommer oor kernaanlegte

Die Nelson Mandela-stigting het die Suid-Afrikaanse regering aangemoedig om ‘n beroep te doen vir ‘n skietstilstand in die gevegte tussen Oekraïne en Rusland. Die stigting het aangebied om te help met vredespogings en sê hy neem kennis van die ingewikkeldheid van die situasie, die veranderlikes in die internasionale militêre reëls en die rassisme wat in sommige plekke uitspeel. ‘n Woordvoerder, Mandlenkosi Dakada, sê hulle sien die onuitspreeklike gevaar indien kernkragaanlegte aangeval word.