Dis nie ons olie nie – Geingob

President Hage Geingob, sê olie is ‘n vloek in baie lande. Die ontdekking van olie en groen-waterstof kan Namibië egter laat uitstyg tot heel bo in die wêreld. Shell het verlede maand die ontdekking van ligte olie in sy Graff-1 put aangekondig, met die potensiaal vir ‘n geskatte ‘n miljard vate terwyl TotalEnergies se Venus-1 put langs dié van Shell, bronne van 3 miljard vate het. Geingob sê die land moet nog nie feesvier nie, die olie behoort nie aan ons nie.