Burkina stel regering aan
Burkina Faso se tussentydse President Paul-Henri Damiba het ‘n nuwe regering aangestel wat dieselfde minister van verdediging insluit as wat onder voormalige president, Roch Kabore, gedien het voor sy uitsetting in ‘n militêre staatsgreep. Damiba is reeds Woensdag as oorgangspresident vir drie jaar ingehuldig, nadat hy ‘n groep offisiere gelei het om Kabore in Januarie uit die kussings te lug. Hulle het in Januarie gesê dat die staatsgreep nodig was as gevolg van toenemende geweld deur Islamitiese militante in die land. Die nuwe regering van 25 ministers sluit verdedigingsminister Generaal Barthelemy Simpore in, wat die posisie behou het wat hy onder Kabore beklee het.