Nege vissermanne vermis aan kus van Suid-Korea

Nege vissermanne word vermis nadat ‘n boot omgeslaan het aan die suidwestelike kus van Suid-Korea. Drie vissermanne is sover gered. Die kuswag sê hulle soek na die vermiste mans in die water om ‘n onbewoonde eiland. Die Suid-Koreaanse President Yoon Suk-yeol het vroeër ‘n beroep gedoen dat die soektog na ‘n groter gebied uitgebrei moet word. Einde Januarie is minstens agt mense dood nadat ‘n vragskip tussen Suid-Korea en Japan gesink het.