Bedrogspul by veterane-aangeleenthede

Die verdediging en veterane-sake ministerie is in kennis gestel dat individue hulself as amptenare van die ministerie voordoen wat veterane van die bevrydingstryd versoek om hul persoonlike bankrekeningbesonderhede te verskaf. Dit is glo om hangende individuele veteraneprojekte uit te betaal. Die ministerie waarsku dat alle amptelike inligting wat vereis word, slegs by een van sy 14 streekkantore landwyd ingedien moet word. Kosmos 94.1 Nuus het met die ministerie se woordvoerder, kolonel Petrus Shilumbu, gepraat.