SMEs Compete se opleiding in besigheidsvaardighede begin

SMEs Compete het hul program vir Basiese Besigheidsvaardighede Ontwikkelings-opleiding in die hoofstad afgeskop en die program duur vandeesweek in die Karas-streek voort. Die doel van die opleiding is om vaardighede aan voornemende entrepreneurs in die informele sektor te verskaf wat daarna streef om hul entrepreneurs-reis aan te pak. Die program sal diegene wat reeds ‘n mikro-onderneming besit, help om sodoende hul besigheid beter te bestuur. Kosmos 94.1 Nuus het met die direkteur van SMEs Compete, Danny Meyer, gepraat.