Rafah-aanvalle – 27 reeds dood

Sewe-en-twintig mense, insluitend ses kinders, is sedert Maandag in Israelse aanvalle op Rafah in Gaza dood. Dit volg nadat Israel ʼn grootskaalse militêre operasie teen Hamas-magte in Rafah uitgevoer het. Die land het beheer geneem van ʼn belangrike grenspos en die meeste hulp na die gebied afgesny. Eerste minister Benjamin Netanyahu sê Israel se militêre optrede in Rafah is tweedoelig. Hulle wil gyselaars bevry en Hamas permanent uitskakel.