Organisasie sê werkloses moet elk N$5 000 ontvang

Die Poor People’s-organisasie het ‘n vreedsame betoging in Opuwo gehou en ‘n beroep op president Nangolo Mbumba gedoen om landsburgers se vertroue in die regering te versterk en eenmalige hulp van 5 000 Namibiese dollar aan elke werklose persoon te verskaf. Die groep, onder leiding van sy voorsitter Dirk Makove, het sy stem dik gemaak toe hy ‘n petisie by die Kunene-streeksgoewerneur se kantoor afgelewer het. Makove sê arm mense is lank reeds van sanitêre watervoorsiening en ordentlike elektrisiteitsvoorsiening ontneem en vra vir die nasionalisering van natuurlike hulpbronne.