Ekurhuleni moet sy kragkabels oudit

Die DA in Ekurhuleni het ‘n mosie by die raad ingedien wat die metro wil dwing om ‘n oudit van alle kragkabels in besit van die munisipaliteit te doen. Dit volg na die ineenstorting van munisipale elektrisiteitsinfrastruktuur oral in die metro wat nou in ‘n totale vervalle toestand is. Simon Lapping van die DA sê die vervalle en en verwaarloosde infrastruktuur kan nie meer geïgnoreer word nie, en Ekurhuleni het ‘n grondwetlike plig om na te kom: