Bloedskenkings van O-negatief nodig

Die Namibiese Bloedoortappingsdiens ervaar sedert die begin van die jaar matige bloedskenkings by bloedbanke landswyd,, veral van skenkers van die O-negatief-bloedgroep. Die diens begin volgende week met ‘n bloedskenkings-veldtog en is bereid om enige iemand in Windhoek op te laai wat vervoer benodig, het die woordvoerder van die diens, Titus Shivute, aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig.