April-inflasie op 4,8% gemeet

Die inflasie-syfers vir April is bekend. Die Namibiese Statistieke-agentskap sê dit is op 4,8 persent aangeteken, op van 4,5 persent in Maart, maar laer as die 6,1 persent wat verlede jaar in April aangeteken is. Khomas, of sone 2, het die hoogste inflasie op 5,4 persent ervaar met sone 2, die noordelike gebiede wat 4,8 persent gehad het. Die suidelike deel saam met Omaheke en Erongo, of sone 3, se inflasie was die laagste op 3,9 persent.