Nederland lig reisverbod, maar 33 000 vlugte gekanselleer

Terwyl Nederland sy reisverbod op Namibië en verskeie ander Suid-Afrikaanse lande om middernag opgehef het, is alles nie nou rooskleurig nie. Duitsland se nasionale lugredery, Lufthansa, sal sy winter-vliegplan met ongeveer 10 persent sny, omdat die verspreiding van die Omikron-variant onsekerheid rondom reise aanvuur. Van die middel van Januarie tot Februarie, het dit ‘n skerp daling in besprekings ervaar, wat daartoe gelei het dat die redery 33 000 vlugte gekanselleer het. ‘n Woordvoerder sê die lugdiens het reeds verskeie trans-Atlantiese vlugte rondom Kersfees gekanselleer, nadat die aantal siek vlieëniers meer was as wat gewoonlik die geval is hierdie tyd van die jaa