‘Meesterbrein’ agter uitgelekte vraestelle bly in aanhouding

‘n Onderwyser, Maria Toivo en Namutenya Hamukuto, ‘n student by Unam, het in die Windhoek-landdroshof verskyn in verband met die uitlek van graad 11 en 12 eksamenvraestelle en bly in aanhouding nadat borg geweier is. Dié arrestasie en verskyning volg na twee leerders van die Elite Tutorial College in die Noorde op 19 November in die Oshakati-landdroshof verskyn het na hulle arrestasie op 17 November toe hulle in besit gevind is van die Engelse tweedetaal vraestel met sy memorandum. Die onderwysministerie het toe aan media gesê dit wil voorkom asof die lek verband hou met vraestelle wat vir siggestremde leerders voorberei is, en dit wil voorkom asof hulle vermoede moontlik korrek is. Toivo is in beheer van die voorbereiding van Braille vraestelle en word deur die staat beskryf as die meesterbrein van die grootste uitlek van eksamenvraestelle tot dusver in Namibië. Leerders moet, as gevolg hiervan, alle eksamens in Januarie herhaal.