NDF vra nie geld vir aansoeke nie, weer ‘n slenter in die ronde

Die Namibiese ministerie van verdediging het lede van die publiek gewaarsku om nie te val vir ‘n slenter wat op sosiale media sirkuleer en mense vra om te betaal om aangestel te word deur die weermag nie. Die ministerie se kommunikasiehoof kolonel Peter Shilumbu, sê die ministerie stel op die oomblik nie aan nie en indien wel, is aansoeke gratis. Volgens hom is dit die tweede keer wat die ministerie deur so slenter geteiken word en mense versigtig moet wees vir bedrieërs. Geen regeringsagentskap of kantoor sal geld vir ‘n aansoek vra nie, het hy beklemtoon.