Kernwapens is Putin se poging om aandag af te lei

Die Britse eerste minister Boris Johnson sê Vladimir Putin se bevel om Rusland se kernmagte op hoë gereedheidsgrondslag te plaas, is om Oekraïnse weerstand se aandag af te lei. Putin sê die besluit is geneem ná aggressiewe stellings deur leiers van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie en ekonomiese sanksies teen Moskou. Johnson sê die wêreld het die afgelope dae die Oekraïnse nasie se indrukwekkende vertonings van dapperheid en heldemoed beleef teen diegene wat hulle wil uitwis en hulle vryheid met geweld wil wegneem: