Navorser hou praatjie oor hervestiging van Angolese kameelperd in Angola

Die Namibiese Wetenskaplike Vereniging bied op 5 April ‘n praatjie aan oor die hervestiging van die Angolese kameelperd in Angola. Jackson Hamutenya, ‘n meestersgraad-student van Nust se Biodiversiteit-navorsingsentrum wat kameelperd-navorsing in samewerking met die Kameelperdbewaring-stigting doen, is die hoofspreker. Die praatjie vind om sewe-uur die aand by die vereniging in Robert Mugabe-rylaan 110 regoor die Nasionale Teater plaas. Hamutenya het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.