Nasionale Botaniese Navorsingsinstituut se bewaringsplan vir Neckartal-lelies

Skaars Neckartal-lelies is inderhaas deur wetenskaplikes gered voor water van die Neckartaldam die plekke oorstroom waar die lelies gegroei het. Die plant is aanvanklik in 2010 in die Visrivier, suid van Snyfontein ontdek. Wetenskaplikes van die Nasionale Botaniese Navorsingsinstituut het sowat 2 000 plantjies versamel voor die dam se konstruksie. Steve Carr van die instituut verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus hul bewaringsplan vir die lelies