Negatiewe Covid-toets nodig vir Desert Dash

Die Nedbank Desert Dash skop Vrydag af. Alhoewel daar onttrekkings is van buitelandse fietsryers is weens lande se reisverbod op Namibië, verseker die organiseerders dat alle Covid-maatreëls in plek is. Almal wat aan die Desert Dash deelneem, van die fietsryers tot die ondersteuningspanne, moet ‘n negatiewe PCR-toets toon. Een van die deelnemers, Sven Strohmenger, loof die organiseerders wat almal se veiligheid eerste stel.