Moordbeskuldigde Arnold Terblanche se borgaansoek uitgestel

Die Gqeberha-landdroshof het die borgtogaansoek van die moordbeskuldigde Arnold Terblanche tot 20 Desember uitgestel sodat die maatskaplike werker se verslag by die hof ingedien kan word. Terblanche word beskuldig dat hy die baasbrein was agter die moord op sy vervreemde vrou, Vicki. Sy prokureur, Francois Van Zyl, het gister aangevoer die sielkundige welstand van sy seun, wat ‘n aandaggebrek- en hiperaktiwiteitversteuring het, is een van die hoofredes waarom hy borgtog moet kry.