Al 2 205 stakende mynwerkers terug bo die grond

Impala Platinum sê al 2 205 mynwerkers by sy Bafokeng Rasimone-myn in Rustenburg, Noordwes, het laat gistermiddag na die oppervlak teruggekeer. Die betoging het Maandagoggend sonder goedkeuring van die verteenwoordigende mynwerkersvakbond, NUM, begin. Die mynmaatskappy het sy dank uitgespreek vir die ondersteuning wat hy tydens die betoging ontvang het, asook die hulp om werknemers se veilige terugkeer na die oppervlak te verseker. Hy herhaal sy verbintenis tot opbouende en wedersyds respekvolle beraadslaging met werkers. NUM se streeksekretaris, Geoffrey Moatshe, sê alle verdere samesprekings is tot vroeg volgende jaar uitgestel.