Namibiese weermag se versekeraar is nou oop vir die publiek

Namforce Life Insurance is nie meer beperk tot versekeringsdekking vir slegs weermaglede nie en is nou oop vir die publiek. Die ministerie van verdediging en veterane-sake, Frans Kapofi, het verduidelik dat daar gedurende die vroeë 1990’s, kort na onafhanklikheid, ‘n behoefte was vir die Namibiese regering om te help om versekeringsdekking vir die Namibiese gewapende magte te verskaf. Op hierdie basis het die Namibiese regering ‘n skema gestig om lewens-, ongeskiktheids- en begrafnisversekerings-dekking vir lede van die Namibiese weermag te verskaf. Die skema is egter vanaf sy ontstaan deur verskeie versekeringsmaatskappye geadministreer totdat die regering ‘n toegewyde versekeringsmaatskappy, naamlik Namforce, gestig het. Namforce is in 2017 amptelik deur die reguleerder gelisensieer en het sedertdien versekeringsdekking aan weemaglede verskaf. Hilma Nicanor, die adjunkminister van verdediging, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.