Mmusi Maimane soek lys van wie staatsgeld tydens ramptoestand gebuit het

Die leier van die One South Africa-beweging, Mmusi Maimane, wil ‘n lys sien van al die mense wat betrek word by die buit van staatsgeld tydens die nasionale ramptoestand. Maimane glo die name moet bekend gemaak word van al mense wat van die ramptoestand misbruik gemaak het om te steel. Hulle moet ook in die skande gesteek en vervolg word. Hy sê talle staatsamptenare het geld misbruik, terwyl Suid-Afrikaners hulle huise en werk verloor het.