Blitsbokke ly twee agtereenvolgende nederlae

Rugby: ‘n Eindpoging laat in die wedstryd was nie goed genoeg om die Blitsbokke vanoggend van ‘n nederlaag teen hulle ou vyande Fidji  in die kwarteindronde van die Singapoer-Sewes-toernooi te red nie. Die Springbok Sewes, wie se onoorwonne rekord van 36 wedstryde gister deur Amerika beeindig is, is vandag met 19-12 deur Fidji geklop. Die Springbok-Sewes moet nou om ‘n vyfde plek in die kompetisie meeding.