Namibiese toerismesektor reageer op duisende vlugkansellasies

Die Namibiese toerismesektor het gereageer op die meer as 11 200 vlugte wat wêreldwyd die afgelope 24 uur vertraag en duisende ander gekanselleer. Meer as 4 000 vlugte wêreldwyd is sedert Sondag gekanselleer waarvan die helfte Amerikaanse vlugte was. Dit het verder bygedra tot vakansie-ontwrigtings weens gure weerstoestande en die toename in Covid-gevalle wat deur die Omikron-variant veroorsaak is. Die gekanselleerde vlugte het meer as 2 400 vertrekkende en inkomende Amerikaanse vlugte ingesluit. Nathaly Ahrens van die Toer-Safarivereniging van Namibië sê aan Kosmos 94.1 Nuus kansellasies van buitelandse toeriste is reeds in Desember weens die Covid-19 Omikron-variant ontvang.