Ses vermeende veediewe in Otjiwarongo-distrik vasgetrek

Ses vermeende veediewe is in die Otjiwarongo-distrik in hegtenis geneem nadat hulle glo ‘n Simmentaler-bul en twee dragtige koeie ter waarde van meer as 100 000 Namibiese dollar tussen Otjiwarongo en Kalkfeld geslag het. Die inhegtenisname volg ná goeie samewerking tussen die Otjiwarongo boerevereniging, die polisie en die Kyane-teenstropingseenheid. Danie van der Westhuizen van Kyane verduidelik die voorval aan Kosmos 94.1 Nuus.