Duitsland sluit drie van sy laaste ses kernkragstasies

Duitsland het die Europese Unie se plan om sommige natuurlike gas-energieprojekte as ‘groen’ beleggings te beskryf, verwelkom. Die land het egter sy teenkanting teen ‘n voorstel om dieselfde met kernkragprojekte te doen, beklemtoon. Volgens Reuters het Duitsland Vrydag drie van sy laaste ses kernkragstasies gesluit. Oostenryk en Luxemburg is ook gekant teen kernkrag, maar EU-state soos die Tsjeggiese Republiek, Finland en Frankryk beskou kernkrag as deurslaggewend in die uitfasering van steenkool-gedrewe krag wat verantwoordelik is vir koolstofuitlatings.