Namibiese toerismebedryf onseker oor komende feesseisoen

Die Namibiese toerismebedryf is steeds onseker oor die komende feesseisoen, aangesien die Omikron-variant van Covid-19 reeds nuwe gevalle in ons buurlande laat toeneem het. In Namibië het Covid-gevalle ook begin toeneem, alhoewel die Omikron-variant nog nie hier waargeneem is nie.. President Hage Geingob sal na verwagting vanoggend om tien-uur die Namibiese nasie toespreek oor die pad vorentoe. Gitta Paetzold, hoof uitvoerende beampte van Namibiese Gasvryheidsvereniging, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.