Nelson Mandela agt jaar na afsterwe onthou

Dit was pas agt jaar sedert die afsterwe van die struggle-ikoon Nelson Mandela. Die anti-apartheidsaktivis is op 95 in Johannesburg oorlede. ‘n Kranslegging-seremonie en ‘n virtuele wedloop is ter ere van hom by die Uniegebou in Pretoria gehou. Die uitvoerende hoof van die Nelson Mandela-stigting, Sello Hatang het tydens die spesiale geleentheid met die media gepraat.