Pa ry sy eenjarige dogtertjie dood

‘n Tragedie het die naweek op Tsintsabis gebeur toe die pa van ‘n eenjarige dogtertjie met sy bakkie oor haar gery het. Hy het volgens die Namibiese polisie agteruit gery terwyl sy agter die bakkie was. Die meisie is na die Tsintsabis-staatskliniek gejaag, maar sy is met aankoms dood verklaar. Haar liggaam is na die Tsumeb-lykshuis geneem vir verdere ondersoek.