Namibiese gesondheidsminister bekommerd oor vierde Covid-vlaag

Die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, het vandag in die Nasionale Vergadering sy kommer uitgespreek oor die moontlikheid van ‘n vierde Covid-vlaag wat die land kan tref. Hy is bekommerd oor die min aantal mense wat in Namibië ingeënt is. Shangula het gesê as na Europa gekyk word wat die wêreldleier in terme van inentings is, steier Europese lande nou onder ‘n vierde vlaag en sommige lande selfs onder ‘n vyfde vlaag weens mense wat nie ingeënt is nie.