Koningshuise ongelukkig oor program oor prinse

Die koningin is nie gelukkig nie. Buckingham-paleis, Kensington-paleis en Clarence House het ‘n seldsame gesamentlike verklaring uitgereik waarin hulle bewerings in die BBC-program, “The Princes and The Press”, betreur. Die eerste deel is gister uitgesaai en vertel hoe prins William en prins Harry se verhouding met die pers nege jaar gelede verander het. Die koninklike huise sê hulle is ten gunste van ‘n vrye en verantwoordelike pers, maar materiaal word te dikwels oordryf en ongegronde bewerings van naamlose bronne word as feite voorgehou.