Brits hoë kommissariaat wens Simson Uri-khob geluk met toekenning

Die Britse hoë kommissariaat in Namibië, wens ook vir Simson Uri-khob, die uitvoerende hoof van die Save the Rhino Trust Namibia, geluk wat die 2021 Prins William-toekenning vir Bewaring in Afrika in Londen by die Tusk Bewaringstoekennings gewen het. Dié toekenning word aan mense toegeken wat uitstekende bydraes tot bewaring in Afrika lewer. Die woordvoerder van die Britse hoë kommissariaat in Windhoek, Naomi Booys, sê Uri-Khob en sy organisasie veg vir die bewaring van Namibië se ikoniese swartrenosters.