Namibiese ekonoom gee sy reaksie op handelstekort van Oktober

‘n Namibiese ekonoom reageer op die handelstekort wat in Oktober met 59,3 persent toegeneem het. Volgens die jongste Handelstatistiek-bulletin wat deur die Namibiese Statistieke-agentskap vrygestel is, het Namibië ‘n handelstekort van 4,4 miljard Namibiese dollar in Oktober 2020 aangeteken. Die waarde van uitvoere het in Oktober met 5,8 persent tot 8,3 miljard dollar gestyg en die waarde van invoer het in Oktober met 25,1 persent tot 15,3 miljard dollar gestyg, wat tot ’n groter handelstekort gelei het van 3,1 miljard dollar in September tot 7 miljard dollar in Oktober. Theo Klein van Simonis Storm in Windhoek verduidelik.