Tennis

Andy Murray het bevestig hy sal volgende jaar sy opmars na Wimbledon afskop met ‘n toernooi in Stuttgart. Die driemalige Grand Slam-wenner sal sy eerste verskyning in die ATP 250-toernooi in Duitsland maak wat die begin van sy grasbaanseisoen sal wees. Dit duur vannaf 6 tot 12 Junie. Murray sal na verwagting van 13 tot 19 Junie sy voorbereiding vir Wimbledon by die Queen’s Club-kampioenskap afsluit.