Gesondheidsministerie: Eers inent, dan vakansie hou

Elke Namibiër wil ‘n vrolike feesseisoen beleef, maar die keuse lê by ons. As daar nie aan die Covid-regulasies voldoen word nie, kan positiewe Covid-gevalle styg. As gevalle weer hand-uit ruk, kan strenger Covid-regulasies en selfs inperkings tydens die feesseisoen verwag word. Die adjunkminister van gesondheid, dr. Esther Muinjangue, sê Namibiërs moet voor hulle met vakansie gaan, hul inenting kry.