AfriForum kry hofbevel teen Gautengse premier

AfriForum het ʼn hofbevel in die hooggeregshof in Johannesburg bekom om die skikking wat met die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, bereik is, ʼn bevel van die hof te maak. In die skikking spreek Lesufi sy berou uit oor sy vals bewerings teen die burgerregte-organisasie en trek aantygings terug dat hulle hom probeer vermoor en sy kinders agtervolg het. Die uitvoerende hoof van AfriForum, Kallie Kriel, sê die bevel beteken Lesufi sal hom skuldig maak aan minagting van die hof indien hy die skikking weer verontagsaam.