My span is gereed – Jake White

Die Bulle het gister een verandering aangekondig aan hulle span vir vanaand se Verenigde Rugby-kampioenskap-eindstryd teen die Stormers in die Kaapstad-stadion. Kurt-Lee Arendse speel heelagter, met Canan Moodie wat na regtervleuel skuif en David Kriel wat op die bank is. Die stryd, waarvoor al die kaartjies uitverkoop is en waarna reikhalsend uitgesien word, skop om half-agt af. Die Pretoria-span se direkteur van Rugby, Jake White, sê hulle is gereed: