Brent daal met 6% na rentekoersverhogings

Oliepryse het die week op ‘n laagtepunt afgesluit. Die kommoditeit het met 6 persent tot ‘n vier-week laagtepunt na net bo 113 Amerikaanse dollar gedaal. Volgens analiste is die daling weens kommer dat rentekoersverhogings deur groot sentrale banke in die VSA, Brittanje en Europa die wêreldekonomie kan vertraag en die vraag na energie kan verlaag. Dit is die laagste sluiting vir Brent sedert 20 Mei. Daar sal geen Amerikaanse handel op Maandag wees nie, die land herdenk sy Juneteenth-vakansiedag.