Zim-verpleërs staak Maandag

Zimbabwiese verpleërvakbonde sê hul lede sal Maandag met ‘n staking teen swak salarisse en werksomstandighede begin. Dit sal die tweede staking wees sedert Covid sy opwagting gemaak het. Die regering en gesondheidswerkers het ‘n dooiepunt oor betaling bereik. Inflasie in Zimbabwe het in Mei 131,7 persent gehaal. Die laaste staking, in 2020, het hospitale gedwing om pasiënte tydens die pandemie weg te wys. Verpleegsters in Zimbabwe word 30 000 Zimbabwiese dollar, of 1 273 Namibiese dollar per maand betaal.